Nehawu gedenk gevalle kameraad

Die werkers vakbond NEHAWU in die Noordkaap provinisie neem tans afskeid van die ontslape streekssekretaris Enoch Titus wie skielik vroeer die maand oorlede is. Die vakbond se Moleme Moleme se die gedenkdiens gaan die toegeweidenheid van Titus herdenk met 'n terugblik op sy onbaatsigtige werk om die omstandighede van werkers binne die ZF Mgcawu streek te verbeter. Die gedenkdiens wort by die VGK kerk sentraal in Upington van stapel gestuur waarna die teraardbestelling die Saterdag gaan plaasvind. Enoch Titus is bekend as werksman vir die Suid Afrikaanse inkomste diens in Upington waar hy jare die gemeenskap met belasting sake bygestaan het. Moleme se Titus se nalatenskap sal lank behoue tussen vakbond lede onthou word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media