Teddy bear foundation vra vir pandemie met tienerswangerskap

Die Teddy Bear-kliniek, 'n organisasie vir kinderregte, het gevra dat tiener-swangerskap in Suid-Afrika as 'n pandemie verklaar moet word. Die organisasie se dit is omdat kinders wat nog nie eens hulle tienerjare bereik het nie, gereeld swanger raak. Hierdie versoek kom na die aankondiging deur die Noord-Kaap departement van onderwys dat meer as 3 000 leerders tussen 2022 en Maart vanjaar swanger geraak het. Statistieke van die Noord-Kaap provinsie dui daarop dat die meeste skoolgaande kinders, wat swanger geraak het, tussen 10 en 19 jaar oud is. Gamiem Abrahams, van die departement van maatskaplike ontwikkeling in die provinsie, het ook sy kommer hieroor en die misbruik van alkohol en dwelms onder jeugdiges uitgespreek. Die Teddy Bear-kliniek se kliniese direkteur, Shadeda Omar, beskou dit as ontoelaatbaar dat 'n kind van 10 jaar en jonger 'n baba kry en hulle verklaar dat tienerswangerskap as 'n pandemie verklaar moet word. Die organisasie sê dat 'n kind wat aan 'n kind gebore word, ontmoedigend en vernietigend is. Dit ontneem die kind van geleenthede en tienerswangerskap kan 'n groot impak op kinders se lewensbestaan hê. Omar sê dat langtermyn implikasies, soos fisieke en sielkundige probleme, ander effekte kan veroorsaak wat kinders se lewens beïnvloed.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media