Zfmgcawu onderwys oor tienerswangerskap

Die departement van Onderwys in die Zfmgcawu streek se onderwys kundige lennert dewee het die probleem van tienerswangerskap voor die deur van sogenaamde sugar daddies gele. Dewee het die aktualiteits program Newshour besoek waar gesprek oor die departement se Aanlyn aansoek proses vir 2024 gevoer was. Op n vraag oor die bekommernis van die Lur vir Onderwys Zolile Monakali dat meer as 3 duisend skoliere swanger geraak het het dewee gese ouer mans buit jongmeisies uit weens die kinders se omstandighede en verwek Dan so kinders by kinders. Die departement van onderwys het hulle misnoe uitgespreek teenoor die gemeenskap se onvermoe om diegene wat jong kinders uitbuit by die Relevante owerhede aan te meld. Inwoners is aangemoedig om waar hulle kennis dra van verhoudings tussen kinders en volwasse mense asook waar ouers betrokke is by die toelaat van sulke verhoudings dit in die Openbaar te bring sodat teen diegene Wie kinders uitbuit opgetree kan word

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media