Buitelanders n tydbom se filike

Die sekretaris generaal van die ANC fikile mbalula se ongedokumenteerde migrante is n tydbom vir suid Afrika. Mbalula se dit was een van die uitkomste van n vergadering van die ANC se nasionale werkskomitee wat in die hoofkwartier van die party die luthuli huis gehou was. Mbalula se onwettige migrante plaas druk op die nasionale fiskus wat n nadelige uitwerking op dienslewering asook die sukkelende gesondheidsektor insluitend werkloosheid het. Hy se migrasiebeleidsraamwerk is tydens die 55ste nasionale konferensie aanvaar om onwettige migrasie aan te spreek. Mbalula het ook gese terwyl die onwettige migrasie probleem wat vir die ANC n albatross is aangespreek word moet suid Afrikaanse burgers selfbeheersing aan die orde van die dag le en wegdoen met vreemdelinge haat. Oor die kwessie rondom die dood van Tina joemat petterson het mbalula gese die ANC kan nie bespiegel oor die oorsaak van haar dood nie en dat die proses aan die relevante wetstoepasings agentskappe oorgelaat is en die ANC die reg van die ontslape Tina joemat petterson en haar gesin Respekteur. Joemat petterson voormalige Onderwys Lur in die Noord-kaap Provinsie en bekende in die gemeenskappe van die noordkaap is vroeer op 59 oorlede.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media