lindiwe verdedig mkwebane en joematt

Voormalige minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, het die geskorste openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane en ontslape ANC-LP Tina Joemat-Pettersson se verweer gekom en beweer hulle is slagoffers van 'n stelsel wat uit die onderwerping van vroue leef. In 'n opiniestuk getiteld "Geagte Vroue van Mzansi", het Sisulu gesê van die eerste dag dat Mkhwebane die amp aangeneem het, is sy met "groot skeptisisme" behandel en "stilgemaak". Sisulu het aan die timeslive gese netso met Tina, 'n slagoffer van haar eie deernis, het sy miskien gedink sy reik uit na 'n ander vrou om haar te 'red'. Sy se, almal wat Tina geken het, het haar geken as 'n sagte, vriendelike, omgee siel. Sisulu se albei hierdie vroue is vasgevang in ’n samelewing wat hulle oordeel en na vroue kyk as voorwerpe wat gebruik moet word en patriargaal verskans word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media