skikking tussen nk myn en mense moet aandag kry

Die departement van Openbare Ondernemings het twee maande tyd om die skikkingsakte oor grondregte tussen die mynmaatskappy Alexkor en die Richterveld-gemeenskap in die Noord-Kaap af te handel. Dit volg nadat die departement en Alexkor se senior bestuur parlementslede ingelig het oor die implementering van die skikkingsooreenkoms wat sestien jaar gelede bereik is ná ‘n hofproses wat reeds in 1998 begin het. Die parlementslede het uitgevaar oor die stadige pas waarmee die saak hanteer is. Die ANC-LP Winnie Ngwenya het die departement aangesê om die kwessie te bespoedig. Daar is ook aanbeveel dat ‘n tydraamwerk gegee word om toe te sien dat Alexkor al sy uitstaande verpligtinge ingevolge die hofbevel van 2007 nakom.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media