Die hulporganisasie, Gift of the Givers wie onlangs watertenke en droogtehulp aan inwoners en boere in die Noordkaap se Kai Garib en Namakwa streek verleen het asook 'n Helikopter ingespan het om vloedgetuisterde gebiede langs die oranje te bereik om voedsel en medisinale hulp aan vasgekeerde inwoners te verseker se hulle het 32 ton humanitêre hulpmidels in die vloedgeteisterde Wes-Kaap afgelewer. Swaar reën het verlede week oor ‘n kort tydperk uitgesak en dorpe van die buitewêreld afgesny. Die landbousektor kom oor die volgende dae en maande te staan voor groot uitdagings. Volgens die Wes-Kaapse owerhede was alle reddingsoperasies suksesvol en was daar geen lewensverlies nie. Die weerdiens waarsku dat hoewel die reen begin afneem snerpende koue toestande Nou in die Wes en Noordkaap provinisies veral in die omgewings aangrensend aan die weskaap gaan voorkom.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za