Weer

Die Suid Afrikaanse weerdiens waarsku oor skadelike wind en deinings vandag wat seevaart tussen hondeklipbaai in die Noord-Kaap Provinsie en Port Edward in Kwazulu-Natal kan bemoeilik. Sterk wind word vir groot dele van die land asook die suidelike dele van die Noordkaap verwag met 'n reeks kouefronte in die Namakwa asook Wes en Ooskaap. Sonnig en koel tot warm in die noordooste andersins gedeeltelik bewolk en winderig met motreen insluitend enkele donderbuie in die suide van die Noord-kaap Provinsie waar dit koud tot baie koud sal wees. 19 grade word vir upington voorspel gevolg deur 17 in Kimberley 20 aan die kus by Alexanderbaai en slegs 10 by Sutherland. Inwoners word gemaan om hulleself teen die koue toestande te beskerm

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media