Veediefstal onderskeie plekke Ondersoek

Die Veediefstal eenheid van die suid Afrikaanse polisie in Griekwa stad vergesel deur sigbare polisieering het n klagte van 13 gesteelde koeie ter waarde van 120 duisend rand opgevolg wat van n plaas buite die dorp gesteel is en 9 van die gesteelde koeie by n 41 Jarige Verdagte opgespoor minstens 25 kilometer buite die dorp nadat die eienaar die koeie positief geidentifiseer het. In nog n aparte voorval in Prieska is lewende hawe produkte ter waarde van 7 duisend rand by n man gekry waarna op messe en toue asook diervelle beslag gele is. Die suid Afrikaanse polisie se Luitenant Kolonel Sergio kock se beide die verdagtes Gaan binnekort in die onderskeie Howe verskyn

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media