Groep verdagtes inhegtenis

Die verdagtes wie in die oggend-ure van Maandag deur die valke se ernstige georganiseerde misdaad voorkomings eenheid van Upington in Bergsig buite Springbok inhegtenis geneem is, verskyn weer op 20 Junie vanjaar in die landroshof op klagtes van korrupsie. Die verdagtes Gherswin Van Wyk, Jasper Pretorius, Kelvin Brown, Mothusi Molale en Micheal September wie almal tydens 'n spesiale operasie inhegtenis geneem is, is tussen 35 en 45 jaar oud. Die ondersoek spruit vanuit optrede in Desember 2019 toe bewerings van polisie betrokkenheid ondersoek was by die vervoer van dwelms ter waarde van 13 duisend rand waarna Mothusi, Molale en Kelvin Brown wie in die Suid Afrikaanse polisie werksaam was later vanuit die polisie bedank het. Luitenant Kolonel Tebogo Thebe van die Valke se die verdagtes sal na alle waarskynlikheid om borgtog aansoek doen.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media