Anc beplan verskeie dienste

Die ANC beplan verskeie gedenkdienste vir die voormalige minister, Tina Joematt-Petterson, wat Maandag by haar huis in Kaapstad oorlede is. Die regerende party sê ‘n nasionale gedenkdiens sal Woensdag plaasvind, terwyl die ANC Vroueliga Donderdag ‘n gedenkdiens sal hou. Joemat-Petterson het haarself ten tyde van haar dood beskikbaar gestel vir die posisie van adjunkpresident van die Vroueliga by die liga se komende konferensie. Die ANC sê Joematt-Petterson se familie het versoek dat hulle haar by ‘n private begrafnisdiens ter ruste wil lê.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media