Vertragings taktiek n skande se professor

Emeritus professor in politieke wetenskap aan unisa Pieter labuschagne se die bewerings dat drie lede van die parlement insluitend die voormalige minister wyle Tina joemat Peterson die openbare beskermer advokaat busisiwe mkwebane wou omkoop is bloot n vertragings taktiek en doen skade aan die suid Afrikaanse kabinet se prosesse. Woensdag is berig dat mkwebane in n artikel 194 kommitee wat ondersoek las na haar amps bevoegdheid geeis het dat die kommitee voorsitter qubudile dyanti homself van die ondersoek moet ontrek hangende die ondersoek na Sy betrokkenheid in die korrupsie en omkoop skandaal wat hom asook pemmy majodina en die ontslape Tina joemat petterson betrek word. Die drie wou glo 600 duisend rand van mkwebane he om die ondersoek teen haar te laat vaar. Die professor se dus n skande dat hoe profiel amptenare hulleself so in die openbare domein gedra en die wetlike aspekte van die land letterlik minag deur vertragings taktiek te gebruik en in die proses skade aan prosesse en mense se karakter bring. Die nasionale vergadering se speaker nosiviwe mapisa nqakula het donderdag gese die gees van ubuntu moet betoon word en toegelaat word dat die joemat petterson gesin en die ANC afsluiting kan vind met die verlies en daarna die ondersoek Sy gang laat Gaan.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media