omstredenheid rondon joemat petterson wil nie gaan le nie

Terwyl boodskappe van medelye wat instroom vir die ontslape voormalige minister en voorsitter van die parlementere portfolio komitee oor die polisie tina joemat petterson wil die omstredenheid net nie gaan le nie. Die UDM het ‘n beroep op die polisie gedoen om te sê of daar al enige voorlopige bevindings is oor die bewerings van afpersing deur die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Holomisa het verwys na Whatsapp-boodskappe en ‘n opname wat volgens Mkhwebane sal bewys dat sy afgepers is deur drie komiteelede. Sy het gister opnuut gevra dat die voorsitter van die komitee wat haar ampsbevoegdheid ondersoek, Qubudile Dyantyi hom aan die verrigtinge moet onttrek. Mkhwebane betrek hom en twee ander ANC-lede, Pemmy Majodina en wyle Tina Joemat-Pettersen by die bewerings dat hulle geld van haar sou geëis het in ruil daarvoor dat die ondersoek na haar laat vaar sou word. Die UDM-leier, Bantu Holomisa sê hy wil weet waarom daar nie alreeds voorlopige uitsluitsel kan wees in die polisie se ondersoek na die boodskappe en die opname nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media