Beurtkrag duur voort en inwoners van die Dawid Kruiper Municipale regsgebied kan vanand tusen 6uur en 8:30 beurtkrag ervar. Die politieke party Cope se dat dit baie kommerwekkend is dat ‘n senior polisie-offisier wat bewerings van korrupsie by Eskom ondersoek, Jaap Burger, weens kommer oor sy veiligheid nie die parlement wil toespreek nie. Burger ondersoek bewerings deur die voormalige Eskom-bestuurshoof Andre de Ruyter oor korrupsie by Eskom. Hy het versuim om gister voor die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge te verskyn, ondanks die feit dat die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola hom opdrag gegee het om die komitee toe te spreek. Skoor het in reaksie die polisie gevra om Burger se veiligheid as ‘n prioriteit te hanteer. Die woordvoerder van Cope, Dennis Bloem sê die feit dat Burger vrees vir sy lewe, is ‘n aanduising dat Suid-Afrika ‘n mafia-staat is wat deur misdaadsindikate beheer word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za