Weer

Die Suid Afrikaanse weerdiens waarsku oor uiters koue toestande oor groot dele van die land wat die Noordkaap provinisie insluit. Bewolk en koud tot baie koud met enkele donderbuie in die weste andersins sonnig winderig en koel tot warm. In Upington is dit vandag 18 grade gevolg deur 18 in Kimberley 19 langs die kus by Alexanderbaai en n koue 9 grade in Sutherland. Die diens waarsku kwesbare inwoners om teen die koue toestande beskerm te word terwyl kleinvee boere aangemoedig word om beskutting vir hulle diere te verseker om vrektes te voorkom.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media