Eerste Burger oor beskadiging van infrastruktuur

Die uitvoerende burgermeester van die Dawid Kruiper munisipaleteit Micheal Segede het 'n beroep op inwoners in die regsgebied gedoen om infrastruktuur te beskerm en enige vorm van misdadigheid by die relevante wetstoepasings agentskappe te raporteer. Segede het gepraat na vlae van infrastruktuur beskadiging by begrafplase asook gemeenskap sale, parke en verkeerstekens geraporteer was en die diefstal van elektrisiteit infrastruktuur die hoogte inskiet. Hy se dieselfde infrastruktuur wat geplinder word is wat nodig gekry word om dienslewering in die regsgebied te verseker. Die burgermeester het gevra dat inwoners nie wegkyk van misdadigheid nie maar eerder saamstaan teen dit en diegene betrokke identifiseer sodat teen hulle opgetree kan word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media