Khoisan Leiers bevraagteken Hof besluit

Die Konstitusionele Hof se besluit om Wet op Tradisionele en Khoi-San Leierskap Ongrondwetlik en ongeldig te verklaar is met Ontevredenheid deur Khoisan Leiers aanvaar. Die Hof het aangevoer dat die Parlement misluk het om Openbare deelname te Fassilliteer en 'n beroep op die Parlement gedoen om die nodige Reg-stellings binne 'n Jaar aan te bring om te verseker dat dit 'n proses is wat aan die Grondwet voldoen. Die Khoisan Leier Professor Stanley Peterson se die besluit deur die Hof is verdoemend omdat dit alle pogings van erkening deur die Khoi en San mense en hulle Leiers ongedaan maak en teken is dat die Regering alles gaan doen om die Regte van Tradisionele Leiers en die Mense van Khoi en San afkoms van n plekkie in die son ontneem. Peterson se die keuse van die Grondwet Hof is n donker-dag in die Geskiedenis van die Eerste Nasies van Suid-Afrika wat steeds van hulle menswaardigheid ontneem word ondanks die bydrae wat Hulle lewer tot die Demokrasie van die Land. Intussen het nog n Khoisan Leier Raymond Trollop in Kwazulu-natal gese dus tyd dat die Regering Internasionaal uitgedaag word om die Erns vas te stel wanneer dit kom by die Regte van Khoi en San Leiers en hulle Mense. Hy se geen Regering kan toegelaat word om so Doelbewus Mense se Regte te misken Nie.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media