Drie in Hof vir bedrog en geldwassery

Drie mans waaronder twee pastore en hulle ondernemings het die 10 de Mei vanjaar in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Kimberley verskyn op 62 aanklagte wat bedrog geldwassery en korrupsie van nagenoeg 1 koma 9 miljoen rand insluit. Die mans Jeremia Madiba van Pretoria business against crime en Simphiwe Dywilli van Kimberley Christians for peace in Africa, media engineering and office solution en Lerato Mokoteli van Bloemfontein en lorabi101 het nabewering agri seta bedrieg met die 1 koma 9 miljoen rand wat vir opleiding aan opkomende boere bewillig is. Die drie is op borgtog vrygelaat van 5 duisend rand elk en verskyn weer op die 26ste Mei vanjaar in die Hof.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za