Die Warrenton waterkwessie kan na verwagting binnekort its van die verleede wees. Inwoners in die gebied is staar reeds vir langer as 60 dae 'n kraandroogte in die gesig, weens 'n watervoorsienings pyp wat tydens die vloed beskadig is behoort binnekort iets van die verlede te wees. Die Woordvoerder vir die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake Bentley Vass se 5 koma 5 Miljoen rand is deur die Departement bewillig om te help met die konstruksie van die Grootmaat watervoorsienings pyplyn om te verseker dat die Magareng munisipaleteit behoorlike diens met betreking tot die lewering van kwaliteit water aan sy inwoners kan lewer. Babalwa Mzambo van die Departement se die projek het reeds afgeskop en sal binne die raamwerk van 4 maande afgehandel wees. Die grootmaat watervoorsienings pyplyn wat onder die ou N18 Magrieta Prinsloo brug loop se konstruksie sal as permanente oplossing vir die gebied se waterkrisis geld. Mzambo se inwoners word intussen deur middel van watertrokke en tenke van water voorsien maar behoort binnekort water vanuit hulle krane te kan gebruik.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za