Die Departement van Onderwys in die Noordkaap se die water kwessie by Delportshoop is 'n munisipale verantwoordelikheid en nie die van die departement van onderwys nie. Die Woordvoerder Geofrey Van Der Merwe se die departement het ondanks die verantwoordelikheid van die munisipaleteit steeds hulle eie boorgate saam met 'n Jo Jo tenk en ondersteunings pomp beskikbaar gemaak om voldoende water aan die skool te verseker. Dit volg na bewerings dat die watersituasie by die skool veral wat toilette betref 'n probleem is. Van Der Merwe se die departement het reeds 'n inspekteur gelas om ondersoek te loods van die bewerings en selfs die watergat sodat waterlewering nie 'n uitdaging raak nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za