Die Suid Afrikaanse polisie en die poskantoor in die Noordkaap stel ondersoek in na bewerings dat 'n sindikaat meer as 100 duisend rand van die Sehako gesin by die hoofposkantoor in Kimberley asook winkels rondom die stad sover as Noordwes onttrek het. Volgens die gesin se Olehile Sehako het hulle onraad in Barkley Wes gemerk wat hulle tot in Kimberley gelei het om 'n saak vir interne ondersoek hangend te maak. Die polisie se hulle ondersoek 'n reeks sake insluitend die van vermiste 350 maatskaplike verligtings toelaes. Inwoners in die Noordkaap is aangemoedig om versigtig te wees met die verskaf van hulle persoonlike identifikasie nommers asook om enige onraad onmiddelik aan te meld. Die poskantoor se postbank woordvoerder Bongani Diako het op die en verskeie ander navrae oor die poskantoor en sy dienste geen komentaar gelewer nie
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za