Andries Motlanthe, 'n aktivis betrokke by die beskerming van plaaswerkers se regte in die Noord-Kaap en elders in Suid-Afrika sê die Menseregtekommissie en verwante landbou-organisasies wat betrokke is by die beskerming van menseregte, veral dié van plaaswerkers, word aangemoedig om hul pogings te verskerp in optrede teen plaaseienaars wat, ten spyte van demokratiese vooruitgang, steeds plaaswerkers erger as hul diere behandel. Hy meen die grootste uitdaging is dat plaaswerkers en bewoners steeds diskriminasie en gevalle van rassehaat ondervind. Hy beweer dat diegene wat die grond besit, nie plaaswerkers respekteer nie en selfs geweld en intimidasie gebruik om plaasbewoners onwettig van plase af te sit sonder om menslikheid te toon. Met die naderende feesseisoen is daar ernstige kommer oor 'n moontlike toename in plaasuitsettings deur plaaseienaars wat die maklike roete neem om diegene wat jare lank op die plase werk, van hul grond af te sit. Hy sê wetstoepassingsagentskappe moet hul sokkies optrek en kriminele aktiwiteite op plase beter aanpak.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za