Dienslewering 'N Stap Nader Aan Inwoners

Die Demokratiese Alliansie in Dawid Kruiper het die heropening van die Upington Burgersentrum na twaalf jaar verwelkom. Hulle het aangedui dat dienslewering nou direk aan inwoners binne die gebied verskaf kan word, sonder dat hulle finansiële kostes hoef aan te gaan om die munisipale hoofkantoor te besoek. Die party het genoem dat die sentrum, wat op die 22ste van die maand sy deure geopen het, nou dienste bied aan inwoners van die woonbuurte Progress, Extension, Lemoendraai, Kameelmond, Belview, en Morning Glory. Inwoners kan nou hul rekeninge betaal, elektrisiteit koop, en ander dienslewering-uitdagings rapporteer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media