Die Kheis Munisipaliteit het beurtwater vir inwoners van Sternam, asook die uitbreiding en die Witblok, aangekondig in 'n poging om watersekerheid daar te stel. Die munisipaliteit sê in 'n verklaring dat hul besluit ook op stelselstabiliteit en verhoogde aanvraag na water, veral met die huidige weerstoestande, gemik is. Die watertoevoer sal na verwagting van twaalf dertig smiddae tot seweuur saans en weer vanaf tien uur snags tot vyfuur soggens afgeskakel word, wat ook geleentheid sal gee vir die reservoirs om hul maksimum kapasiteit te bereik. Die munisipaliteit sê dat vermorsing van water in laagliggende gebiede veroorsaak dat diegene in hoër liggende gebiede geen water kry nie en het gevra dat inwoners verantwoordelik omgaan met watergebruik. Inwoners van Groblershoop is ook aangemoedig om water spaarsamig te gebruik in 'n poging om die damvlakke te stabiliseer.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za