Die Richtersveld-streeksmunisipaliteit, waar onlangs 'n byeenkoms saam met inwoners van MacDougallsbaai buite Port Nolloth gehou is oor die vakansiebestemming se watertoevoerprobleme, het 'n lekkasie op die waterpyplyn vanaf Alexanderbaai opgespoor. Dit het die munisipaliteit genoodsaak om die hoofwatertoevoer tydelik af te sny vir herstelwerk. Inwoners is aangeraai om water op 'n veilige manier te stoor en altyd die netwerk as waterdraend te beskou, aangesien die toevoer dadelik na herstelwerk na normaal kan terugkeer. Die munisipaliteit waarsku inwoners om nie krane oop te laat gedurende die tydperk wat die toevoer afgesny is nie, omdat dit tot grootskaalse waterskade aan eiendomme kan lei wanneer die toevoer hervat word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za