Phokwane Inwoners Eis Die Bedanking Van Die Burgermeester

Ontstoke inwoners van die Bonita Park-woongebied in die Phokwane Munisipaliteit het na die munisipale hoofkwartier in Hartswater opgeruk en die bedanking van die burgemeester geëis, asook die munisipaliteit sewe dae gegee om op hulle griewe te reageer. 'n Memorandum met griewe is op die 15de van die maand oorhandig, waarin inwoners hul misnoeë uitspreek oor die gebrek aan behuising, asook bewerings van korrupsie en wanbestuur maak. Hulle beskuldig ook die munisipaliteit daarvan dat hulle versuim om basiese dienste vir inwoners daar te stel. Die betaling van vulliswerkers, wat na bewering vir minstens sewe maande nie betaal is nie, is ook geëis omdat inwoners meen dit is die rede waarom vullis nie verwyder word nie. Die munisipaliteit word ook daarvan beskuldig dat die elektrisiteitstoevoer vir nagenoeg 'n week in die Mountainview, Riemvasmaak en Donkerhoek-gebiede af was, wat daartoe gelei het dat inwoners se kosvoorraad vrot geword het. Kommentaar van die Phokwane Munisipaliteit sal bygewerk word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media