Richard Langeveld en Sam Mahlangu is deur die Griekwastad-streekhof elk tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle na bewering 'n boer, Combrink van Bloubospoortplaas, en sy werkers aangerand en hom met 'n strykyster gebrand het. Mojalefa Senokoatsane woortvoerder vir die Nationale Vervolgings Gesag sê die twee is skuldig bevind en gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Senokoatsane sê op 18 Maart 2020 het die twee beskuldigdes, saam met vier ander, die Combrink-plaas betree en die boer en sy twee werkers aangerand. Hy sê Combrink het ernstige brandwonde aan sy bolyf en bene opgedoen. Die aanvallers het met Combrink se voertuig gevlug, wat later teruggevind is sonder dat enige ander waardevolle items gesteel is. Senokoatsane sê Mahlangu is in hegtenis geneem terwyl hy in 'n Gauteng-tronk op 'n ander saak gewag het; sy vingerafdrukke het hom na bewering aan die aanval gekoppel. Langeveld, 'n voormalige werker van Combrink, is op 'n ander plaas in hegtenis geneem. Tydens die verhoor is bekend gemaak dat Langeveld drie vorige veroordelings het, insluitend roof. Senokoatsane sê Joseph Ramothepane, die staatsaanklaer, het vir 'n maksimum vonnis gevra ter verswaring. Beide veroordeeldes is onbevoeg verklaar om 'n vuurwapen te besit.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za