Kai Garib Werkskomitee Ontmoet

Die Kai Garib Munisipaliteit het 'n institusionele werkskomitee-vergadering in die regsgebied geloods, met senior munisipale beamptes, insluitend die munisipale bestuurder, Obakeng Isaacs. Die munisipaliteit meld dat die besprekingspunte nie net beheer oor die ekonomiese bestuursituasie behels het nie, maar ook 'n verslag wat aan die Korporatiewe Dienste Departement voorgelê is vir verdere gesprek en konsultasie. Volgens die munisipaliteit is die vergadering 'n wegbereider in die regstelling van tekortkominge binne die diensleweringraamwerk, wat inwoners in 'n veel beter posisie sal plaas ten opsigte van dienslewering.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media