Dwelms Is In Augrabies Buite Kakamas Gekonfiskeer

Die Suid-Afrikaanse Polisie Diens in Augrabies buite Kakamas het dwelms met 'n geraamde straatwaarde van minstens 21 duisend rand gekonfiskeer en 'n 40-jarige verdagte in hegtenis geneem. Volgens 'n polisie verslag volg hierdie optrede nadat die polisie op 'n klagte van beweerde intimidasie gereageer het. Polisie woortvoerder Sersant Ompile Masegela het bevestig dat tik en Mandrax-tablette op die toneel gevind is, en die verdagte sal op aanklagte van dwelmhandel in die hof verskyn.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media