Die Namakwalandse diamant handelaar, Louis Liebenberg, wat aangekla word van 'n uitgebreide diamant Ponzi-skema waarin hy na bewering miljarde rande van beleggers bedrieg het, het saam met sy 60-jarige vrou, Desiree, en medebeskuldigdes Magdelena Kleynhans, Johannes Badenhorst, Helena Schulenburg, Adriaan Strydom, Christelle Badenhorst, Nicolize van Heerden en Walter Niendinger in die hof verskyn. Liebenberg beweer dat hy betalings gemaak het aan diegene wat kon bewys dat hy hulle bedrieg het en ontken sy betrokkenheid by die sogenaamde Ponzi-skema. 'n verslag dui darop dat hy in die hof aangevoer het dat hy die slagoffer is van 'n sameswering deur politici, insluitend die Minister van Korrektiewe Dienste, Dr. Pieter Groenewald. Die Minister het sedertdien hierdie bewerings ontken en Liebenberg uitgedaag om die betrokke amptenare te identifiseer, wat 'n omvattende ondersoek na die moontlike korrelasie met hul selfoonnommers sal vergemaklik. Liebenberg sal na verwagting saam met sy vrou op 15 November weer in die hof verskyn.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za