Namakwa diamant baas maak growwe bewerings

Die Namakwa landse sakeman, Louis Liebenberg het in die hof  beweer dat hy op die bevel van die minister van Korrektiese Dienste in die tronk mishandel en deursoek is. Liebenberg het saam met sy vrou Dezzi en nog vier ander in die landdroshof op Bronkhorstspruit verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, geldwassery, diefstal en rampokkery. Borgtog is aan die vier medebeskuldigdes toegestaan, terwyl die egpaar se borgtogaansoek tot 15 November uitgestel is. Liebenberg se regsverteenwoordiger sê die probleme het begin toe hy na die Kgosi Mampuru-tronk verskuif is.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media