Veiligheids Deelname In Die Noord-Kaap

Die provinsiale polisie kommisaris van die Noord-Kaap luitenant generaal Koliswa Otola het inwoners van die provinsie genooi vir deelname en bywoning tydens die lansering van die provinsie se veilige feesgety program wat by port nolloth aan die namakwase kus die Vrydag geloods gaan word. Otola sê verskeie operasies gaan ter bekamping van misdaad tydens die feesgety regdeur die provinsie geloods word wat die hand van die gemeenskap vereis om gesamentlik misdaad te bekamp en terselfdetyd veiliger gemeenskappe daar te stel. Sy sê pogings om polisie geinisieerde misdaadvoorkomings operasies te lanseer sal verskerp word met die fokus op misdade teen vroue en kinders asook alkohol en dwelmvervante oortredings en padveiligheid.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media