hittetoestande verwag

Die Suid Afrikaanse nasionale weerdiens sê Noord Kapenaars kan hulle staal vir warmer weer na die afgelope dae se koue, met temperature wat tussen middel 20 tot 37 grade kan styg. Die weerdiens sê meestal droë en sonnige toestande gepaardgaande met lae humiditeitsvlakke, wat tipies is vir hierdie tyd van die jaar kan verwag word, en kan hitte stress veroorsaak by diegene wie onkant gevang gaan word. Kwesbare inwoners en selfs die buitelig entosiaste is aangemoedig om beskerming teen die verwagte hitte daar te stel weens n verwagte hoe UV  indeks wat volgens die weerdiens hoog gaan bly en so kanse vir wegholveldbrande verhoog. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het streke in die sentrale en noordelike dele van die provinsie waar toestande bevorderlik is vir wegholbrande uitgesonder met winderige toestande wat sake vererger.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media