Lewenslag Vir Moord Beskuldigde

Die 43-jarige Xolani Gerald Pherndro Bilatyi is op 25 Oktober deur die Victoria-Wes-streekhof tot lewenslag tronk straf gevonnis. Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Molefi Shemane, het bekendgemaak dat Bilatyi aanvanklik op Saterdag, 9 September 2023, die Victoria-Wes-polisie genader het om 'n moord aan te meld, wat gelei het tot die ontdekking van die misdaadtoneel op 'n plaas buite die dorp. Die polisie het sê hulle het tydens hul ondersoek bewyse van inmenging op die toneel gevind, insluitend 'n nat vloer en 'n versteekte baksteen en gebreekte mop. Bilatyi is kort daarna in hegtenis geneem en aangekla vir die moord op sy 46-jarige lewensmaat, Dina Nosipho Matyobeni. Verdere ondersoeke het getoon dat Bilatyi en die slagoffer die vorige aand 'n sjebien in Victoria-Wes besoek het, waar 'n onderonsie ontstaan het wat tragies geëindig het toe hulle na hul plaaswoning teruggekeer het. Luitenant-generaal Koliswa Otola, die provinsiale kommissaris van die SAPD in die Noord-Kaap, het die vonnis verwelkom.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media