Lede van die Hendrik Dewee Stigting het die tuisdorp van die oorlede Hendrik Dewee, na wie die stigting vernoem is, besoek. Daar het hulle noodsaaklike voedsel, sanitêre produkte en selfs 'n skootrekenaar aan die gemeenskap verskaf. Genevieve Dewee van die stigting sê die uitreikingsaksie fokus daarop om veral jong meisies te ondersteun en te verseker dat agtergeblewe gemeenskappe die nodige hulp ontvang. Sy sê die groep beplan om 'n veldtog te begin, met die naderende feesseisoen, om geskenke in te samel vir kinders in gemeenskappe soos Loxtonvale. Sy voeg by dat die stigting beoog om binnekort na die Kenhardt-gemeenskap uit te reik. Minstens 80 inwoners het voordeel getrek uit die naweek se projek.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za