Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie oftewel SADTU het hulle kommer uitgespreek oor die afname in leerders wat vanoggend vir die matriek eksamen by skolle geraporteer het. SADTU sê van die 1 koma 1 miljoen leerders wat twee jaar gelede met graad 10 begin het, het slegs 827duisend vir vanjaar se matrieindeksamen aangemeld. Die vakbond sê dus kommerwekkend dat 200 duisend leerders agterwee gelaat word. In die ZF Mgcawu streek het Rudi Van Zyl van SADTU vroeer tydens 'n onderhoud gesê die klas van 2024 moet die geleentheid gebruik om hulle eie en die omstandighede van hulle gesinne te verbeter. Hy sê die gemeenskap moet die omgewing skep vir sukses gedurende die eksamenterwylleerders hulleonderrig moet prioritiseer en nie moet skoolverlaat nie.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za