Water Gehalte 'N Kopseer

Gemeenskappe langs die Vaal- en Oranjeriviere sê hulle het geen keuse as om die water uit die besoedelde riviere te gebruik nie. Waterowerhede van die Frances Baard, sowel as Magareng, Dikgatlong, en Sol Plaatje munisipaliteite, saam met dié van Siyancuma en Phokwane, is intussen opdrag gegee om maatreëls te implementeer om te verseker dat water vir menslike gebruik veilig is. Die Departement van Water en Sanitasie het vroeër inwoners langs die riviere, asook diegene stroomaf, gewaarsku oor cholera wat in die stelsels opgemerk is. Inwoners van Gong Gong, Barkly-Wes, en selfs Pampierstad, insluitend Pniel en Longlands, is aangemoedig om die waarskuwings ernstig op te neem om siekte en selfs dood weens cholera te vermy. Die woordvoerder vir die Phokwane Munisipaliteit, Kgalalelo Letshabo, sê hulle werk hard aan die verbetering van watergehalte in hul regsgebied by Pampierstad.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media