sol plaatje by die openbare beskermer verkla

Die Demokratiese Alliansie se Elize Niemann sê die party het 'n klag by die Openbare Beskermer ingedien teen die Sol Plaatje-munisipaliteit oor swak vakmanskap en die stygende koste van die Homevale-satellietbrandweerstasie in Kimberley. Die party sê in n verklaring goedkeuring vir die brandweerstasie is in die 2016/2017 finansiële jaar toegeken en konstruksie het in 2019 begin. In 'n aanlyn video in Augustus 2020, waar destydse uitvoerende burgemeester, Patrick Mabilo, op die terrein was, het Tendiwanga Construction aangedui dat die gebou 55% voltooi is en teen Desember klaar sou wees. Die party se die gebou is tot op hede nog nie deur Sol Plaatje afgeteken nie en die lys van dinge wat reggemaak moet word, moet nog voltooi word. Die munisipaliteit het verlede maand ’n bykomende begroting van R1,5 miljoen versoek vir herstelwerk aan die gebou. Die gebou is egter nog nooit in werking gestel nie. Die fondse is bykomend tot die R17,246 miljoen wat reeds aan beide Gibb Consulting en Tendiwanga Construction bestee is. Die versoek is deur die veiligheidskomitee teengestaan. Die party sê hulle klagte bevat 'n reeks onreelmatighede en hulle hoop dat daar daadwerlik opgetree gaan word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media