'N boer en sy gesin van Kanoneiland buite Upington het nabewering ongedeerd daarvan afgekom, na hulle huis die afgelope Sondag in die oggendure gebrand het. Die egpaar is bekend vir hulle omgee vir diere wat vanuit slegte omstandighede gered is waarna hulle omsien. Boere en brandbestryders het volgens inligting gehelp om die brand te probeer blus wat die gesin groot skade veroorsaak het. Plaaslike kennisse en selfs sakelei het volgens inligting die gesin bygestaan. Netwerk 24 berig dat die gesin hulle dankbaarheid teenoor die hulp wat instroom betuig het.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za