Die LUR vir samewerkende regering tradisionele sake en menselike nedersettings asook veiligheid Bentley Vass is saam met senior munisipale amptenare regoor die Noordkaap by die Desert Palace Casino in Upington byeen waar die jongste oudit uitkoms asook dienslewering en die groeiende gaping tussen raadslede en die gemeenskap ter tafel gele word. Vass het tydens sy intree rede die belangrikheid van verantwoordelike dienslewering uitgewys en gesê die geld wat vir munisipaleteite beskikbaar gemaak word kan nie na die nasionale tesourie terug gestuur word terwyl gewone mense onder dienslewerings gebrekke gedompel is nie. Die LUR sê plaaslike regering behoort hulleself reg te posisioneer en die hartklop van gemeenskappe in ag neem aangesien die plaaslike regerings verkiesing slegs 18 maande weg is. Die LUR het ook benadruk dat senior poste in munisipaleteit gevul moet word met diegene wie daarvoor kwalifiseer sodat dienslewering kan begin floreer. Die departement van Water en Sanitasie asook die plaaslike regerings asosiasie oftewel salga is ook by die tweedaagse byeenkoms teenwoordig
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za