Verbruikershoof Maak Sy Stem Duk

Die hoof inspektoraat van die Noord Kaapse verbruikers raad John Speek sê besoeke aan huiswinkels is die hoof fokus om vas te stel of diegene veral buitelanders voldoen aan die nodige wetgewing wat insluit die nasien van hulle status binne die republiek van Suid Afrika. Speek en sy span het besoek gebring aan die Rietfontein gemeenskap waar inspeksie by die winkels gedoen was om te kyk na die vereistes vir die buro van standaarde en om seker te maak dat geen vervalde of vervalste kosse binne die winkels verkoop word nie. Hy sê geen winkel eienaar mag ekstra kostes hef vir aankope wat gedoen word nie nog minder mag winkel eienaars hulle besighede soos banke bedryf en ekstra kostes vir ontrekking verhaal asook die heffing van ekstra kostes vir die verkoop van lugtyd. Hy sê die slaap van winkel eienaars binne winkels asook die verkoop van gaar kos wat binne die winkels gemaak word is teen die wet en sal tydens die besoeke aangespreek word. Speek sê verbruikersreg gaan onder geen omstandighede deur enige persoon in Suid Afrika misken word nie. Besoeke gaan tans voort in die ZF Mgcawu streek met die raad wat deur die polisie, die inkomste diens en imigrasie vergesel word.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media