ZF Mgcawu Dieetkundige Oor Gesonde Eetstyl

Die senior dieetkundige by die departement van gesondheid in die ZF Mgcawu streek Laurna Groenewaldt sê inwoners moet 'n gesonde eetgewonte en leefstyl handaaf. Sy sê plaaslike gemeenskappe word dikwels gekonfronteer met die idee dat 'n gesonde leefstyl onbekostigbaar is groenewaldt het gepraat op die vooraand van  Nasionale Voedingsweek wat van vandag tot aanstaande dinsdag in die land gevier word onder die tema eet reg vir ’n beter lewe. Sy sê inwoners kan bekostigbaar en gesond eet deur agterplaas groentetuine en selfs droee bekostigbare kosse wat onder mekaar geruil kan word indien gemeenskappe die agterplaas groentetuin inisiatief suksesvol kan uitrol. Groenewaldt sê dus kommerwekkend om te sien dat jong mense plaaslik ook sukkel met diabetes wat dikwels deur 'n swak ongesonde dieet aangevuur word. Groenewald wie verantwoordelik is vir die klinieke regoor die streek sê openbare gesondheidsbewusmakingsveldtogte moet geskep word om die gemeenskap op te voed om gesonder te lewe en 'n gesonde eetgewoonte te kweek.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media