48 jarige verskyn in hof

Na sy inhegtenisneming op verskeie klagtes van bedrog, het 'n 48-jarige man vlugtig in Kuruman se hof verskyn. Volgens die polisie het die Tanzaniese 48-jarige Vincent Mkumbo lisensie skywe vervals en teen 350 rand per stuk verkoop. Intussen is die man op borgtog van vyfhonderd rand vrygelaat, en die saak sal weer op 5 Desember voorkom. Die polisie het tydens 'n operasie met die valke beslag gelê op 'n geheue stok en 'n selfoon. 

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media