hofstryd oor ngv regering mis spertyd

Solidariteit het bevestig dat hy voortgaan om sy saak teen die Nasionale Gesondheidsversekeringwet  op ʼn ongeopponeerde basis in die hof te argumenteer. Dit volg nadat die regering ná meer as vier maande steeds nie met opponerende hofstukke vorendag kon kom nie. Nou versoek Solidariteit dat die saak onbetwis voortgaan aangesien die tydperk waarbinne opponering moes geskied, herhaaldelik verontagsaam is.Solidariteit het sy hofstukke op 24 Mei op die regering beteken en het die regering se versoek om uitstel toegestaan. Volgens Peirru Marx, netwerkkoördineerder van die mediese beroepe by Solidariteit, het die staat se laaste geleentheid om sy opponerende stukke op Solidariteit se aansoek in te dien op Woensdag 2 Oktober verstryk. die departement van gesondheid in die noordkaap het vroeer aangedui dat hulle beplan om die implimentering van die ngv as proefkonyn plaaslik gaan loods.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media