Die 22 jarige Bertus Engelbrecht, is tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy in die hof in Witdraai daaraan skuldig gevind is dat hy vee gesteel het. Die saak spruit vanuit n voorval in Mei 2023, toe n plaaslike veeboer een van sy diere ter waarde van minstens 1 duisend 500 rand as geslag aangemeld het en 'n arrestasie kort daarna gemaak is. Die ondersoek beampte adjudant offisier Jacques Ockhuizen is geloof vir die harde werk wat hy in die ondersoek gesit het, wat tot die gevangenisstraf gelei het. Sersant Ompile Masegela van die polisie sê, geen vorm van misdaad sal deur die polisie geduld word nie, en moedig mense aan om weg te doen met kriminele aktiwiteite wat tot botsings met die gereg lei.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za