Swendelary en ander bedrieglike aktiwiteite wat mense se salarisse en pensioene teiken, word meer gesofistikeerd namate misdadigers beter word om hulle as instellings soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voor te doen. Die hoof van ekonomiese misdaad in die Suid Afrikaanse Polisie Diens, luitenant kolonel Henry Faro sê mense val steeds slagoffer ondanks verskeie bewusmakings pogings van veral swendelaars op sosiale media wat hulle met allerande beloftes lok en so vanuit swaarverdiende geld beroof. Faro maan inwoners teen die vermeerdering van hulle geld omdat swendelaars mense wat na jare lange diens aftree teiken met beloftes van beleggings en vermeerdering van geld en so met mense se lewens lange neseier wegraak. Hy sê mense moet nie persoonlike inligting beskikbaar stel aan vreemdelinge nie en enige verdagte oproepe of benaderings rapporteer sodat die wetstoepassingsagentskappe daarteen kan optree
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za