Mensehandel Skuldigbevindings

Die Suid Afrikaanse Polisie se optrede in Upington het daartoe gelei dat die 36 jarige Emmanuel Uzoaga in die Gautengse hof in Johannesburg skuldig gevind is aan klagtes van mensehandel asook bedrog en die oortreding van die imigrasiewet. Die verdagte het na bewering 'n 18 jarige slagoffer van Upington na Johannesburg vir seksuele uitbuiting ontvoer. 'N verslag deur die Valke dui darop dat 'n lasbrief bekom is en 'n bordeel in Lonehill Johannesburg ontdek was, waar nog twee vroue deur die polisie gered is. Nog drie verdagtes wat 'n 27 jarige vrou insluit is inhegtenis geneem. Die vrou is daarvan gekla dat sy haar vriendine gelok het waar hulle vir prostitisie gebruik was en daagliks dwelms moes gebruik. Valke woortvoerder Luitenant Kolonel Tebogo Thebe sê die vrou Luzinda Pinky is skuldig gevind dat sy saamgesweer het om die vroue te lok. Vonnis oplegging is vir die 9 de Oktober vanjaar geskeduleer.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media