Die departement van gesondheid in die Noordkaap sê hulle is ondanks die normale aktiwiteite binne die departement besig met voorbereiding vir die implimemtering van die nasionale gesondheidsorgversekering. Die LUR Maruping Lekwene het in Kimberley gesê die departement se 6 koma 4 miljard rand begroting is hopeloos te min om die inwoners van die provinsie behoorlik te kan dien. Hy êe 58 persent van die groottotaal word aan salarise bestee terwyl mediese eise teen die departement minstens 1 koma 6 miljard rand beloop. Die LUR sê die NGV soos dit na die gesondheidsorgversekering verwys word is sal in die Phokwane afskop as proef waarna dit strategies na die res van die provinsie uitgebrei gaan word.
Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za