Drie Verdagtes Verskuin Binnekord In Die Hof

 Drie mans verskyn in Deben in die landroshof nadat hulle die afgelope Saterdag op die R380 in die besit van vermoedelik gesteelde eiendom vasgetrek is. Die polisie se Kaptein Mosimaneotsile Letsapa sê die mans tussen 28 en 68 jaar oud is met draad met 'n geraamde straatwaarde van nagnoeg 20 duisend rand betrap en beslag is gelê op 'n Isuzu trok. Majoor generaal Johhny Besnaar van die polisie het die optrede van die polisie geloof en die publiek wat die verdagte optrede geraporteer het bedank. Die drie kon tydens inhegtenisname nie genoegsaam verduidelik wie die eienaar van die draad is nie. Die ondersoek duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media