SAPS Vervolg Sy Lede

Die Suid Afrikaanse Polisie Diens het bevestig dat 'n polisie kaptein op aanklagte van bedrog vervalsing en regsveruideling inhegtenis geneem is en dat twee hof sersante saam met hom in die hof gaan verskyn.kolonel Cherelle Ehlers van die polisie sê die klagtes teen die kaptein spruit vanuit Desember 2018 en hou verband met 'n voertuig wat hy wederegtelik vanuit die polisie se skut vrygelaat het. Wat die hof sersante betref word hulle gekla dat hulle smokkelgoedere wat wapens en dwelms insluit aan verdagtes in aanhouding teen betaling beskikbaar gestel het. Die kaptein is op borgtog van 5 duisend rand vrygelaat terwyl die sersante een duisend rand elk borg toegestaan is. Ehlers bevestig dat die inhegtenisnames die polisie se verbintenis tot teenmisdaad aksies weerspieel en dat dit deur die provinsiale teen korupsie eenheid uitgevoer is,die ondersoeke in die gevalle duur voort.

Journalist: Rodrick Titus
Email: roderick@radioriverside.co.za

Social Media